MOSSELBAAI RUGBY NUUS - In 'n titaniese opwarmingswedstryd het Titans-rugbyvoetbalklub van Mosselbaai vir Hungry Lions van Klein-Brakrivier wat in 'n hoër liga kompeteer, ore aangesit met 'n 17-14 oorwinning.
Dit was meedoënlose spel waarin niks op die skinkbord weggegee is nie.
Die halftydtelling was 14-5, in die guns van Hungry Lions.
Die tweede helfte het daar 'n begeesterde Titans op die veld verskyn wat aanval op aanval geloods het. Hulle het geboer in die Hungry Lions se kwartgebied. Uiteindelik het die damwal gebreek in die sestigste minuut toe 'n drie gedruk is met 'n verdoelde skop.
Weer eens maak hulle so in die sewentigste minuut met 'n oorskop om as wenners van die veld af te stap.
'n Selfvoldane Titans-rugbyspan nadat hulle Hungry Lions getroef het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'