MOSSELBAAI RUGBY-NUUS - In 'n titaniese stryd het Titans die gevreesde Black Warriors van Herbertsdale, een van die voorlopers in die kusstreek-rugbyliga, ore aangesit.
Black Warriors moes die knie buig voor 'n begeesterde Titans-span aangevuur deur sy ewe begeesterde tuisskare wat met elke beweging deel was van die wedstryd.
In hierdie riller het Jeraldo Kannemeyer beslis hand opgesteek.
Toeskouers kon hierdie skraal lyf oral sien opduik.
Met sy verdedeging, aanvalstaktiek en dartellopies het hy die skare op hul voete gehad elke keer as hy die bal ontvang het. Hy word welverdiend benoem as die speler van die wedstryd.
Titans is beslis 'n span wat mee rekening gehou moet word. Eindtelling is Titans 15 en Black Warriors 13.
Black Warriors moes die knie buig voor 'n begeesterde Titans-span aangevuur deur sy ewe begeesterde tuisskare wat met elke beweging deel was van die wedstryd.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'