MOSSELBAAI NUUS - Tydens Titans-rugbyklub van Mosselbaai se eerste ligawedstryd teen Black Dolphins van Gouritzmond, het hulle daarin geslaag om hul teenstanders tot oorgawe te dwing.
Die span behaal 'n oorwinning van 20 punte teenoor 7.
Yster Swarts wat 'n uitstekende wedstryd beleef het, het twee drieë gedruk. Hy is aangewys as speler van die wedstryd.
Mosselbaai Titans het hulle opwarmingshemde en -broeke geborg deur die onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé en speaker Petru Terblanche in ontvangs geneem. Logo Studio het die drukwerk geborg.
Titans-rugbyspan het hulle wedstryd teen Black Dolphins oortuigend gewen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'