RUGBYNUUS - In 'n titaniese rugbystryd tussen Titans van Mosselbaai en United Stars van Jonkersberg het Titans vir United Stars in die kusstreek semi-finale met die kous oor die kop huistoe gestuur.
Dit was 'n harde, genadelose wedstryd waar daar niks gevra of gegee is nie. Mens kon dit sien in die eerste helfte se telling van geen punte aan beide kante.
In die 45ste minuut ruik Titans eerste bloed toe Lofie Keyster, na 'n verwoede aanval van voor- en agterspelers, oor die doellyn storm. Tien minute later slaan United Stars egter terug toe hul kranige vleuel vir 'n drie oorval wat die telling gelykop maak.
Titans het nie op hul laat wag nie en hul kranige sewe flank wys waarom hy so hoog aangeslaan word toe hy na 'n goeie beweging deur hul voor- en agterspelers, Titans se tweede drie gaan druk het. Die doelskop is ook suksesvol en die finale punte is Titans 12, United Stars 5.
Titans B reken ook met United Stars B af met 15 - 8. Mosselbaai Titans is beslis die span wat in die toekoms dopgehou moet word en is propvol opkomende sterre.
Die eindstryd vind op 27 Augustus op Outeniqua Park, George plaas wanneer Titans teen Pro Stars van George te staan kom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'