SUID-KAAP SPORTNUUS - Die SWD-rugbyunie het as deel van sy klubondersteuningsprogram basiese toerusting aan klubs in die Suid-Kaap geskenk.
Die skenking is met die oog op hul deelname aan vanjaar se onderskeie klubkompetisies.
"Om deesdae rugby te beoefen kos geld en ons besef dat klubs met 'n tekort aan toerusting gaan sukkel om die spel te bevorder. Die minste wat 'n klub kan doen is om die basiese gereedskap te hê ten einde hul spelers beter te slyp. Hopelik is hierdié net wat nodig is om klubspelers 'n hupstoot te gee voor die aanvang van 'n uitdagende seisoen," het die president van SWD-rugby, Hennie Baartman, by die oorhandigingsgeleentheid by Outeniquapark aan die teenwoordiges van die rugbyklubs gesê.
Rugbyklubs in die SWD het toerusting van die unie af ontvang as deel van sy klubondersteunings-program om spelers met hul voorbereiding te help. Hier is van die klubverteenwoordigers by Hennie Baartman, president van die SWD-rugbyunie (derde van links).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'