Intussen is een van die letterlike swaargewigte wat deel van die groep was, maar deur beserings op die kantlyn gehou word, Raoul Larson (vaskopstut), besig om 'n rehabilitasieprogram te deurloop. Larson het Namibië in die vorige wêreldbekerreeks verteenwoordig en sy ervaring kan van groot waarde vir die span wees.
Nog goeie nuus uit die Arende-kamp is dat verlede seisoen se kaptein en staatmaker-losvoorspe-ler, Wilhelm (Palm) Koch, ook sy terugkeer tot die groep maak. Koch het gedurende die eerste gedeelte van die jaar aandag aan sy besigheid gegee en keer nou voltyds terug vir die Curriebeker-kompetisie.
Die Arende het vanjaar, deels te wydte aan beserings wat die span geteister het, nie te waffers in die Vodacom-reeks gevaar nie. Hopelik sal die aanwinste die verskil maak wat nodig is om die verlore eer weer te herwin.
Die aanwinste wat hierdie week deur die President van die SWD Rugbyunie, Hennie Baartman, aangekondig is, is Hans van Dyk (haker wat die Cheetahs, Leeus, Pumas en die Boland), Grant Kemp (vaskopstut wat Tukkies die afgelope twee seisoene in die Varsitybeker-kompetisie verteenwoordig het), en Nicolaas (Stokkies) Hanekom (senter wat die WP op Vodacom- en Curriebeker vlak verteenwoordig het).
Van Dyk het vir beide die Cheetahs en Leeus superrugby gespeel terwyl Boshoff op superrugby-vlak vir die Leeus en Blou Bulle uitgedraf het en Hanekom die afgelope twee seisoene die Maties in die Varsity-bekerkompetisie verteenwoordig het.
Die direkteur van afrigting van die Arende, Johann Lerm, neem weer die leisels oor by Eddie Myners (Vodacom-afrigter) wat in beheer van die voorspelers sal wees.
Martin de Vos (Hoof van SWD Rugbyontwikkeling) is aangestel as die spanbestuurder. Die vorige spanbestuurder, Rynhard van As, se verantwoordelikheid is die afrigting van die agterspelers, spanvaardighede en skopwerk.
Die volledige groep is:
Agterspelers: Elrich van Vuuren, Deroy Rhoode, Alshauwn Bock, Howard Noble, Baldwin McBean, Clint Wagman, Wentsley Scott, Stokkies Hanekom, Kempie Rautenbach, Jeff Taljard, Cecil Dumond, Ruan Boshoff, Mzo Dyantyi en Johan Herbst.
Voorspelers: Michael Vermaak, Buran Parks, Lyndon Hartnich, Wilhelm Koch, Shawn Raubenheimer, Dumisane Meslane; Lubabalo (Giant) Mtyanda, Hein Potgieter, Grant le Roux, Lehan Koekemoer, Dean Hopp, Grant Kemp, Anton (Brood) van der Westhuizen, Hans van Dyk, Wayne Khan, Xavier Scholtz, Lyle Delo en Raoul Larson.
Die volledige bestuurspan is: Johann Lerm (direkteur van afrigting), Martin de Vos (spanbestuurder), Eddie Myners (hulpafrigter voorspelers), Rynard van As (hulpafrigter agterspelers), Innis Erasmus (fisioterapeut), Cobus Wessels (tegniese analis), Quinton Rall (kondisioneringafrigter), Granville Carelse (spanbeampte) en dr. Renier Greyling (spandokter).
.jpg)
ARTIKEL: JANNIE MEYER