MOSSELBAAI NUUS - Garden Route Saints-rugbyklub het op Saterdag, 7 Desember sy eerste van nege raakrugbywedstryde in die Pro 8-toernooi in Kampsbaai aangepak.
Die span beoog om Mosselbaai vanjaar trots te maak.
Volgens die bestuurder van die span, Dawid Kamfer het die span kookwaterrugby gespeel ten spyte van die somerhitte. Al die wedstryde vind op die strand plaas. Saints wat die opening van die Pro 8-toernooi goed begin het, het gewys dit gaan moeilik wees om hulle uit die uitspeelfase te hou.
Hulle het vir die eerste keer in vier jaar wat hulle deelneem, tweede geëindig in hul groep.
Hulle het ook vir die eeste keer punte oorgedra na die volgende wedstryd wat môre, Saterdag 14 Desember, in Onrus, Hermanus sal plaasvind.
Die span vertrek vandag om verskeie wedstryde te speel wat op 23 Desember in Struisbaai eindig en weer op 26 Desember in Stilbaai sal begin.
Die Garden Route Saints-rugbyspan van Mosselbaai is tans in die Pro 8-toernooi en neem deel in Kampsbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'