MOSSELBAAI RUGBYNUUS - Die o/14A "Sardyne" van Hoërskool Punt het 'n baie suksesvolle rugbyseisoen beleef met slegs twee nederlae uit die 10 ligawedstryde wat hulle gespeel het.
Die seuns het werklik aanskoulike rugby gespeel. Die hoogtepunt van die jaar was toe hulle met interskole teen Langenhoven Gimnasium 22-15 gewen het. Die Sardyne teken tydens die 2019-seisioen 207 punte aan en staan slegs 139 punte af. Hulle was bevoorreg om vanjaar 'n A- en B-span op die veld te kon stuur.
Die afgelope o/15A-rugbyseisoen was 'n ongelooflike ervaring vir spelers en afrigters. Die groep seuns is gedrewe en baie afrigbaar. Die seisoen het op 'n goeie voet begin met die o/15-rugbytoernooi by Paarl Boys High, waar die seuns WP XV en Paarl Boys XV op hul tuisveld kon klop.
Die jaar het ook sy opdraandes gehad, maar moeilike tye is ook nodig om 'n span te laat saamtrek. Die span kon die jaar afsluit met 'n wen, tydens interskole, teen Langenhoven Gimnasium. Die span behaal 'n algehele wen-persentasie van 76.47% tydens die 2019 seisoen. Sewe van die span se spelers is in die AJ Sportweek-span, wat gedurende September in Ierland gaan toer, ingesluit.
Punt-rugby bedank al die afrigters en borge wat die seuns en skool so getrou ondersteun en die pad saam met die Punt-familie stap.
Die o/15A-span met hulp-afrigter mnr Erwin Harris (agter, vyfde van links) en hoofafrigter mnr Michiel Neethling (agter, vierde van regs).
Die o/14A-span met hoofafrigter mnr JR Foreman (agter, derde van links).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'