MOSSELBAAI NUUS - Op Saterdag, 9 Maart, het Gillmer Johnson, opvoeder en die hoofafrigter van Hoërskool Sao Bras se eerste rugbyspan, 'n pette-funksie gereël waar voormalige Springbokke Rudy Paige en Juan de Jongh die oorhandiging behartig het.
Die eerste rugbyspan spelers het hul "honour caps", én hul nuwe rugbytruie in ontvangs geneem.
Dit was 'n spesiale geleentheid waar die gemeenskap en skool saamgekom het om die sukses van die rugbyprogram te vier en dankbaarheid te toon teenoor die afrigters, spanbestuurders en borge wat dit moontlik gemaak het.
Hoërskool Sao Bras en die eerste rugbyspan wil graag al hulle borge bedank vir hul nuwe rugby uitrusting vir die 2024 seisoen. Hoërskool Sao Bras se eerste rugbyspan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’