MOSSELBAAI NUUS - Die agste AJ Sportweek het vanaf 15 tot 20 Maart plaasgevind. 'n Totaal van 26 rugbyspanne (18 x o/19-spanne, 4 x o/16-spanne en 4 x o/14-spanne) het hieraan deelgeneem.
Hoërskool Punt het weer eens baie goed gevaar.
Die eersterugbyspan het baie goeie rugby gespeel en het teen Riebeeckrand 31-7 gewen, 7-5 teen Hangklip gewen en ongelukkig teen Frikkie Meyer, wat in die doodsnikke 'n drie gedruk het, 31-17 verloor.
Die o/19 B-span het teen Diamantveld B 10-19 verloor, Adamantia 24-0 gewen en Middelburg 22-10 gewen.
Die o/14-span het twee wedstryde teen Melkbosstrand 17-12 en 12-0 gewen en die o/16-span het drie wedstryde gespeel. (Landboudal 5-29 verloor, Sao Bras 17-12 gewen en Stoffberg 0-10 verloor). Punt het baie goed gespeel in baie kompiterende wedstryde.
Hansie Barnard, Reece Taljaard en Henco Senekal is in die Travel and Sport-rugbyspan ingesluit.
Hierdie span sal gedurende die September-vakansie na Italië toer. Meneer Gustav Steinhöbel is ook gekies as die afrigter van hierdie span saam met Pierre van Jaarsveld van Frikkie Meyer.
'n Uitstekende afrigtingsessie deur Vlok Cilliers en sy span (Matthew Proudfoot wat tans die Springbokke se hulpafrigter is en Devon Raubenheimer, voormalige SWD en Springbokspeler) is op Dinsdag, 19 Maart aangebied en die afrigters en spelers het dit geweldig geniet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'