MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Sao Bras se o/16- en o/18-spanne het op Saterdag, 6 April deelgeneem aan die jaarlikse rugbyproewe gehou by die Van Riebeeck-stadion.
Beide die o/16-, asook die o/18A-spanne het hul wedstryde gewen.
Die o/16A-span het 42-21 gewen, terwyl die o/18A-span in 'n spannende wedstryd die botoon gevoer en met 'n telling van 15-14 geseëvier het.
Hoërskool Sao Bras se trotse eerste rugbyspan.
Die seëvierende o/16-span van Hoërskool Sao Bras.
Die o/18B-span het ook aan die proewe deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'