MOSSELBAAI RUGBYNUUS - Lohan Potgieter (25), het in 2013 aan Hoërskool Punt gematrikuleer.
Toe Hoërskool Punt se eerste span teen Gimmies verloor, besluit hy dat hy in 2014 weer terug skool toe gaan om nog 'n jaar rugby te kan speel om die interskole te wen.
Volgens sy ma, Andrihet is hy van jongs af lief vir rugby en het op vierjarige ouderdom reeds saam met sy boetie se bulletjierugbyspan begin speel.
Deur sy skoolloopbaan was hy 'n kranige rugbyspeler en speel vir die SWD o/13span en dien in die SWD akademie as onderkaptein vir die o/18-span. In 2014 speel hy as voorspeler vir SWD se o/19-span. Hy word ook bekroon as Mosselbaai se sportman van die jaar in 2014.
Na interskole in Augustus 2014, nooi die Cheethas hom Bloemfontein toe. In 2015 speel hy vir Cape University of Technology se Varsity Cup, vir die Cheethas en later die jaar, vir die Griffens se o/19-span. In 2016 is hy die kaptein van die SWD o/20-akademiespan.
In 2017 speel hy in Holland by Oemoemenoe Club, asook vir die Mosselbaai Barbarians. Later dieselfde, jaar vertrek hy Spanje toe waar hy vir Colina en later vir CAR Cáceres speel. By laasgenoemde is hy as top puntemaker aangewys. Tans speel hy vir die Gaztedi club.
Besering
Lohan het in 2010 'n groot rugbesering opgedoen, waarna dokters nie wou hê dat hy verder aan sport moes deelneem nie. Na rehabilitasie, het hy daardie selfde jaar teruggekeer.
In 2019, volg 'n groot nekbesering, waarna die dokters ook nie hoop gehad het nie. Lohan glo dat hy in die wil van die Here is en dat die Here hom elke keer gesond gemaak het om sy droom te kan uitleef.
Hy het egter ook ekstra hard geoefen en met vasberadenheid vir homself 'n loopbaan in rugby geskep.
"My uitsig op die lewe is as jy dit kan dink, kan jou hart dit bereik en as jou hart dit kan bereik, dan sal jou houding die beste daarvan maak," sê Lohan.
Almal ken hom, as 'n man wat altyd glimlag.
Sy positiewe lewensuitkyk, het hy glo my sy ouma geleer. Lohan woon sedert 2017 in Spanje en is onlangs teruggenooi om by die Spaanse sewesspan aan te sluit.
Lohan het by twee geleenthede die naweek van 16 Oktober vir Spanje tydens 'n sewestoernooi gespeel. Hiertydens het Spanje die eindronde teen Ierland gewen.
Aanvanklik het hy siviele ingenieurswese studeer, maar later onderwys. Hy wil graag met kinders werk en hulle leer rugby speel. Met so 'n positiewe uitkyk op die lewe, is enigiets duidelik vir Lohan moontlik en gaan sy rugbyloopbaan net van krag tot krag.
Kyk gerus hieronder na die 'live-stream' van wedstryde tydens die sewestoernooi die naweek van 16 Oktober:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'