RUGBYNUUS - Die Barbarians rugbyklub het vanaf 3 to 4 November ‘n rugby afrigtingsprogram aangebied.
Pieter de Villiers, voormalige Springbokafrigter het afrigters, spelers en klubbesture toegespreek en demonstrasies gelewer.
Die byeenkoms het by die Ridgeview Primêre skoolsaal op Mosselbaai plaasgevind.
Alle klubs en skole in en om Mosselbaai is uitgenooi om die geleentheid by te woon.
Volgens de Villiers, was hy beïndruk met die ywer waarmee besoekers die geleentheid aangepak het. De Villiers het verskeie fasette van rugby gedemonstreer wat gestrek het van wedstrydplanne tot by die reëls van rugby.
Hy het onder meer gesê afrigters moet eerlik met spelers wees. "Ek is positief dat afrigters net kan verbeter indien hulle die rugbyreëls volg en soveel as moontlik afrigtingsklinieke bywoon.
Op ‘n vraag wat sy toekomsplanne vir afrigting is, het hy gesê dat slegs die Here dit kan bepaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’