MOSSELBAAI NUUS - 'n Oud-Mosselbaaier Anwar Fillis (30) maak deesdae naam as rugbyspeler in Secunda waar hy vir die klubrugbyspan binnesenter speel. Anwar se pa, Jack, woon steeds op Mosselbaai en sê hy is baie trots op sy seun.
Anwar se rugbyloopbaan het by Laerskool Erika Primêr begin. Hy het ook rugby gespeel toe hy by Hillcrest Sekondêr was. Rugby was nog altyd deel van Anwar se lewe.
Hy het onder meer as onderkaptein en binnesenter vir Mosselbaai Barbarians gespeel en het ook al 'n toekenning gekry vir die mees toegewyde rugbyspeler.
"Anwar moes na Secunda verhuis vir 'n werksgeleentheid maar hy sal seker altyd in sy lewe rugby bly speel," sê Jack.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'