RUGBYNUUS - Barbarians het verlede Saterdag, 13 Augustus, se kragmeting teen Groot-Brakrivier, op 'n vol gepakte D'Almeida Park, deur hulle vingers laat glip.
Met die telling 19-25 in die guns van die besoekers, 'n paar minute voor die eindfluitjie, het Barbarians verwoed aangeval en oorgegaan vir 'n drie.
Die drie is toegeken, maar die lynregter het onoorgeloofde spel aan die kant van Barbarians uitgewys en die drie is gekanseleer.
Daar was talle ander geleenthede waar Babaas moes gaan druk het, maar afronding het ontbreek. Groot Brak se skrumwerk was een te veel vir die tuisspan en hulle was ook die meer aanvallende span.
Hul agterlyn het Barbarians agterlangs ook min beweegruimte gegee met hul opskiet verdediging.
Die wedstryd was by tye ontsier deur onsmaaklike voorvalle, wat nie goed is vir rugby nie. Dit is egter goed onder beheer gebring deur die skeidsregter.
Beide spanne het twee geelkaarte gekry vir ontoelaatbare spel, wat 'n teken was van die skeidsregter se streng optrede.
Met die semi-finale wat wink vir die boonste vier spanne, moet Babaas hulle nou met alle erns toespits op die 2023 rugbyseisoen.
- Punte: Vir Barbarians het Sario Roosenkrantz (senter) en Luwayne Fortuin gaan druk terwyl Macdelin Saayman (losskakel) met 'n doelskop geslaag het. Barbarians het ook 'n strafdrie gekry.
Ander uitslae
- Tweedes: Babaas 30 Groot Brak 23
- Derdes: Babaas 21 Grootbrak 21
'n Volgepakte D'Almeida Park tydens verlede Saterdag, 13 Augustus, se kragmeting tussen Groot-Brakrivier en Barbarians.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'