"Ons wil by voorbaat sommer so met die aanvang van 2015, al ons getroue ondersteuners en spelers ‘n baie voorspoedige nuwe jaar toewens," sê Gerald Glover, beskermheer van die klub.
Alhoewel ‘n klompie spelers alreeds in die rusperiode besig was om hulleself op die strand by Santos fiks te hou, begin die klub op Maandag 12 Januarie amptelik met hulle oefenprogram om 18:30 by die Van Riebeeck-stadion.
"Alle huidige, sowel as enige belangstellende spelers is hartlik welkom om by die oefeninge te kom inskakel en om die nuwe afrigtingspan vir 2015 te ontmoet," nooi Glover.
Die nuwe president, Jannie Prinsloo, is ewe opgewonde om die klub, wat nou weer eens in die SWD Premier-liga speel, vanjaar te sien vorder na groot hoogtes.
"Vanjaar gaan ons oefen om te wen. Almal is welkom om eerskomende Maandag 12 Januarie, om 18:30, by die Van Riebeeck-stadion aan te meld en die aangename rugby-atmosfeer by die klub te kom beleef," sê Jannie.
Vir enige verdere inligting, kontak Jannie Prinsloo by 084 664 2990.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'