MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai RFC se eerste- en tweedespanne het Saterdag geseëvier toe hulle in 'n ligawedstryd teen Riversdal by die Van Riebeeck-stadion te staan gekom het.
Die tweedepan het met 31-0 gewen en JP Kruger is as die speler van die wedstryd aangewys.
Die eerstespantelling was 41-5 met Jean Fry as die speler van die wedstryd.
Die klub se bestuur is trots op Reinhardt Stears en Ryan van der Westhuizen, wat Vrydagaand vir die SWD Arende uitgedraf het op Outeniquapark in 'n wedstryd wat gewen is teen Border Bulldogs.
Vyf van die klub se o/20 spelers was ook in aksie in die finale ronde van die o/20 SWD-proewe op Outeniquapark in die voorwedstryd vir die Arende.
Mosselbaai RFC bedank al die lojale ondersteuners.
John Duthi, Theo Hendriks, Brizano de Kock, Stanley Fry en Tiaan Visser was Vrydagaand in aksie in die finale ronde van die o/20 SWD proewe op Outeniquapark in die voorwedstryd vir die Arende.
Jean Fry is as die speler van die wedstryd aangewys.
Ryan van der Westhuizen en Reinhardt Stears het Vrydagaand vir SWD Arende uitgedraf op Outeniquapark in 'n wedstryd wat gewen is teen Border Bulldogs.
Mosselbaai RFC se eerste- en tweedespanne het Saterdag geseëvier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'