MOSSELBAAI RUGBYNUUS - Mosselbaai het op Saterdag, 21 September in 'n spanningsvolle eindstryd in die SWD Presidentsliga op Outeniquapark, George teen Sedgefield Eagle Stars met 31-34 verloor.
Mosselbaai het die eerste helfte van die wedstryd oorheers en was teen 11 minute in die wedstryd reeds met 14-5 voor. Teen halftyd was Mosselbaai steeds voor met 'n telling van 19-5.
Met slegs 29 minute se speeltyd oor op die klok het Mosselbaai steeds voorgeloop met 'n telling van 24-19. Beide spanne het hard gespeel en dit was goeie hardlooprugby. Met slegs agt minute oor en Mosselbaai steeds voor op die telbord met 'n telling van 31-22 het almal gedink Mosselbaai sal die wedstryd wen maar toe word 'n strafdrie teen Mosselbaai gegee en bring die telling op 31-29.
Met slegs twee minute oor voor die eindfluitjie blaas gaan druk Eagles en beklink die wedstryd met 34-31 in hulle guns.
Mosselbaai het tot twee minute voor die einde van die wedstryd voorgeloop in die eindstryd van die SWD Presidentsligawedstryd.
Mosselbaai-rugbyklub se A-span wat verlede Saterdag naelskraap teen Sedgefield Eagle Stars verloor het.INLAS: Mosselbaai het 'n harde wedstryd agter die rug en was ongelukkig om 31-34 in die eindstryd van die SWD Presidentsliga teen Sedgefield Eagle Stars te verloor.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'