MOSSELBAAI NUUS - Die nuutverkose president van Mosselbaai-rugbyklub, Gerald Glover, sê sy klub se afrigters is reeds besig met voorbereidings vir die nuwe seisoen.
Die eerste wedstryde vind al op Vrydag, 15 en Saterdag, 16 Februarie op Outeniquapark plaas.
Glover vra dat ervare sowel as nuwe spelers by die klub moet aansluit. Hulle oefen om 18:30 by die Van Riebeeck-stadion op Maandae, Dinsdae en Donderdae.
"Kom besoek ons gerus by die klubhuis op die Van Riebeekstadion en kom vind meer uit oor Mosselbaai-rugbyklub se planne vir hierdie jaar," het hy gesê.
Die afrigters, onder leiding van Leslie Jackson, is reeds besig met hul beplanning. Met die eerste oefening wat Maandag, 7 Januarie plaasgevind het, was hul baie opgewonde met die opkoms so vroeg in die seisoen.
Kalbas Nell, wat ook mooi herstel het na 'n ernstige motorongeluk verlede jaar, is weer op sy pos en vol energie om toe te sien dat die klub weer baie groot hoogtes gaan bereik. Meer inligting rondom Mosselbaai-rugbyklub se nuwe bestuur en die planne vorentoe, sal op gereelde basis gepubliseer word.
Vir verdere inligting kan Glover (083 321 1088) of Nell (076 934 2123) geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'