MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-rugbyklub het die afgelope naweek na Zoar, buite Calitzdorp, gereis waar die A- en B-spanne pragtige rugby gespeel het.
Na die harde wedstryd tussen die twee B-spanne, het Mosselbaai as wenners van die veld afgestap met die telling 15-12. Dit het ook vir hulle vier ligapunte verskaf.
Die A-span van Mosselbaai het sommer van die afskop af genadeloos onder die Zoar-manne ingeklim en die wedstryd 38-13 gewen. Hulle het ses drieë gedruk en vyf ligapunte verdien.
Môre, Saterdag 15 Junie, speel die manne in Mosselbaai by die Van Riebeeck-stadion teen die Arrows van Slangrivier. Hekke open om 12:30 en die eerste wedstryd skop om 14:15 af. Die A-span se wedstryd begin om 15:30. Ondersteun gerus die plaaslike spanne. Hulle speel kookwaterrugby.
Daar vind ook 'n heerlike potjiekoskompetisie plaas op 29 Junie en op 19 Julie is daar 'n dans in die stadsaal met Jakkie Louw as gaskunstenaar. Kontak Stan Fry (081 219 8574) vir meer inligting.
Die klub bedank die bestuur, borge en spelers vir hulle harde werk en betrokkenheid.
Gerhard Meyer van die Mosselbaai B-Span, is aangewys as die speler van die wedstryd waarin Mosselbaai geseëvier het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'