RUGBY NUUS - Hoër Landbouskool Marlow het verlede Saterdag met nege rugbyspanne teen Hoërskool Pearson gespeel.
Die wedstryde het in Gqeberha plaasgevind, met die Wolramme wat agt kragmetings wen.
Die kragmeting teen Pearson was in Gqeberha.
"Marlow en Pearson het mekaar in die hoofwedstryd met klipharde spel aangevat. Marlow het eerste gaan kuier agter die doellyn, met heelagter, SJ de Koker, wat 'n puik drie gaan druk het vanaf 'n goed uitgewerkte beweging. Aiden de Villers, losskakel, slaag met die doelskop. Halftydtelling was 10 punte elk.
Pearson het in die tweede helfte met meer aanvallende spel vorendag gekom. Die Wolramme verdedig soos oudergewoonte met baie dissipline en passie. Leonard Booysen (11) en Dempers Meyer (9) het Marlow se twee drieë gedruk. Beide spanne kan trots wees op hul spel en veral die hoë intensiteit waarmee daar gespeel was. Marlow wen 24-10.
Marlow se ander spanne het as volg presteer:
Tweedespan wen 51 - 0
- o.16A's wen 18 - 15
- o.14 A's wen 13 - 10
Derde span wen 17 - 7
- o.16B-span wen 25 - 12
- o.15A-span verloor 28 - 29
- o.15B-span wen 22 - 14
- o.14B-span wen 27 - 7
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'