RUGBYNUUS - Manie Libbok, wat reeds as rugbyspeler by Hoërskool Outeniqua in George gewys het waartoe hy in staat is, het vandag 'n groot rol gespeel in die Springbokke se oorwinning teen Argentinië in Johannesburg.
Die Springbokke het 22-21 gewen.
Maklik was dit nie en Springbok-ondersteuners was met rede by tye erg bekommerd. Libbok het egter sy kant gebring om die telbord vir die Bokke aan die rol te hou.
Benewens punte met sy skopskoen het hy self ook 'n drie gedruk. Hy het ook twee punte by sy eie drie gevoeg toe hy met die doelskop geslaag het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’