Gallery
MOSSELBAAI RUGBY NUUS - Mosselbaai-rugbyklub het Saterdag, 7 Maart hulle eerste ligawedstryde vir die 2020-seisoen gespeel en tuis op Van Riebeeck-stadion teen die spanne van Prince Albert te staan gekom.
Na Mosselbaai se eerstespan tydens die 2019-seisoen in die Presidentliga-finaal verloor het, is daar baie uitgesien na die nuwe seisoen deur die bestuur asook die afrigters.
Ongelukkig is daar net vier spelers oor van die 2019 span, maar is die spelers steeds oorgehaal om weer vanjaar groot hoogtes te bereik.
Fotogalery: Mosselbaai Super Liga skop af
Beide Mosselbaai se twee spanne het Saterdag hul hulle kragmeting teen Prince Albert met enkele punte verloor. Die tweedespan verloor 18-20 in 'n baie mooi wedstryd nadat Prince Albert in die laaste minuut 'n strafskop oorskop om te wen. Mosselbaai se nuwe losskakel Hyron Sinclair, senter Stanley Fry en stut Tiaan Barnard het goeie wedstryde gehad.
Die wedstryd van die eerstespanne kon nie lekker aan die gang kom nie as gevolg van baie foute aan albei kante en eindig die eerste helfte met geen punte op die telbord. Mosselbaai begin die tweede helfte goed maar dit is Prince Albert wat eerste punte aanteken met 'n strafskop. Mosselbaai antwoord met 'n mooi drie deur hulle loskakel en kaptein Arno Moolman wat deur homself verdoel word. Met vyf minute speeltyd oor gaan druk Prince Albert hul wendrie om die eindtelling op 8-7 in die guns van Prince Albert te bring.
Daar lê baie werk voor vir Mosselbaai as hulle dieselfde hoogtes as 2019 wil bereik. Mosselbaai reis môre, Saterdag 14 Maart, na Stilbaai waar hulle teen Seagulls te staan kom.
Hyron Sinclair seil oor die doellyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'