Laerskool Park se o/13 netbal-, rugby- en hokkiespanne het aan hierdie strawwe kompetisie deelgeneem. Die seuns-hokkiespan het vir die eerste keer in die bestaan van die toernooi tot die finaal deurgedring.
Die rugbyspan het in die semi-finaal uitgeval.
Volgende jaar, 2015, vier hierdie toernooi, wat geborg word deur Mosselbaai Toyota, sy 30ste bestaansjaar.
Die wenners van die toernooi is: rugby A-liga: Gene Louw (Bellville); rugby B-liga: Gene Louw (Bellville); netbal A-liga: Wesbank (Oudtshoorn); netbal B-liga: Gene Louw (Bellville); seuns-hokkie: Gene Louw (Bellville); dogters-hokkie: Beaumont (Somerset-Wes).

Laerskool Park se o/13-hokkiespan het geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer vanjaar tydens die skool se sewes-toernooi in die finaal gespeel het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'