Rustyd was die telling 15-3 in die Lions se guns.
Dit was van meet af aan 'n wedstryd wat gewys het dat Hungry Lions van Klein-Brakrivier die stryd gaan wen, want hulle het al die aanvalswerk gedoen en die wedstryd met baie selfvertroue benader.
Black Warriors het die druk in die eerste twee minute benut toe Jandre Jacobs met 'n strafdoel punte aangeteken het.
Na die strafdoel het die Lions die bo-toon gevoer met hul kaptein, Gram Lockster, wat van voor af gelei het. Die jong pak voorspelers van Lions het gewys dat hulle teen 'n swaar pak soos Warriors vasskoppe kan wen.
Grag Rawie, flank van Hungry Lions, het sy span se eerste drie gedruk toe hy by die agterlyn aangesluit het. Rhino Prins het met 'n strafdoel vir Lions geslaag nadat Black Warriors in die losskrum oortree het.
Na 'n omkeer in balbesit deur Lions se voorspelers, druk Grag Rawie, flank, 'n drie vir sy span. Calvin Seconds, skrumskakel, het na 'n goeie beweging die laaste drie vir Hungry Lions aangeteken.
Die rugbyklub Hungry Lions van Klein-Brakrivier het hul sweetpakke in ontvangs geneem voor Saterdag, 16 Mei se westryd teen Black Warriors van Herbertsdale. Regs staan die afrigter, Richard Booysen, en links is die spanbestuurder, Herbert Roelfse. Foto: Henry Koert
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'