MOSSELBAAI NUUS - Toeskouers het 'n fees van rugby beleef die afgelope naweek toe rugbyspanne van Mosselbaai mekaar by die sportvelde in Uitbreiding 23 gepak het.
Deelnemende spanne het ingesluit Titans, Black Warriors, Mosselbaai se dorpspan en Happy Hearts wat teen mekaar gespeel het ter voorbereiding van hul ligawedstryde wat eersdaags afskop.
'n Goeie sportmangees het onder die spanne geheers, asook die toeskouers.
Verdere voorbereidingswedstryde word gespeel op 23 Februarie.
Alle toeskouers word genooi om hierdie rugbywedstryde te kom geniet.
Lede van verskeie spanne het mekaar gepak in 'n goeie gees.
Titans en Happy Hearts na hulle kragmeting.
Spanbestuurders en afrigters was gesellig te midde die kompetisie onder die spanne.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'