MOSSELBAAI RUGBY NUUS - Augustusmaand sal net nie dieselfde wees as die tradisionele derby tussen Hoërskool Sao Bras en Hillcrest Sekondêre Skool nie gespeel word nie.
Verlede Donderdag het dié twee skole mekaar weer in die kenmerkende goeie sportmangees gepak.
Sao Bras het as wenners uit die stryd getree in die hoofwedstyd van die dag, met 'n oorwinning van 24-8.
Volgens 'n rugby-afrigter by Sao Bras, vier dié skool gewoonlik die botoon, maar dit sit Hillcrest beslis nie af om alles in die stryd te werp nie.
Verlede jaar, het familielede van die afgestorwe Lugiano Gelderbloem (19), 'n voormalige leerder aan Hillcrest Sekondêre Skool wat 2017 deur 'n leerder van Groot-Brakrivier 'n fatale meswond toegedien is, 'n wisseltrofee ter ere van sy lewe vir die derby geskenk. Lugiano was baie lief vir rugby gewees en self 'n kranige speler. Van sy familielede was weereens verlede week by die derby met hulle T-hempies waarop 'n foto van 'n glimlaggende Lugiano verskyn.
Besonders van die oorwinning is dat die nuut aangestelde hoof van Hoërskool Sao Bras, David Groenewald vir die eerste keer die oorwinnaars se trofee kon vashou nadat hy jarelank 'n personeellid van Hillcrest was.
David Groenewald, jarelank verbonde aan Hillcrest Sekondêre Skool en tans die nuut aangestelde hoof van Hoërskool Sao Bras met die wenspan, Sao Bras se trofee. Foto's: Donovan Poole van DC Photography
Hierdie foto toon die verbete spel tydens hierdie tradisionele derby. Foto's: Donovan Poole van DC Photography
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'