TUINROETE NUUS - George-rugbyklub se veldtog in die SWD Presidentsliga (Kusstreek) is op mooi op dreef en beide die eerste- en tweedespan is nog onoorwonne.
Die eerstespan het verlede Saterdag vir Happy Hearts op Brandwag behoorlik opgekeil en altesame sewe drieë gedruk. Happy Hearts het drie drieë gedruk.
George het die tuisspan in die skrums verniel en goed 15 strafskoppe daar afgedwing.
Vir George het Brandon Solomons (heelagter), Adrian Maduna (vleuel), Brandon Pienaar (stut), Landré Meyer (stut), Nathan Church (plaasvervanger-senter) elk een drie gedruk met Nathan Scott (losskakel) twee drieë. Scott het met vyf doelskoppe en twee strafskoppe geslaag.
George se tweedes het sy eweknie van Happy Hearts in 'n oninteressante wedstryd met 26-19 te klop. George se plaasvervangers het in die laaste 15 minute 'n groot verskil gemaak en gehelp dat die wenspan drie drieë kon behaal. Die driedrukkers was Marius Venter (flank), Nathan Church (senter) met een drie elk. Werner Barnard (agsteman) het twee drieë gedruk. Barnard het met sterk kraglopies gate deur die teenstanders gehardloop. Tot vier teenstanders het soms soos vinke aan hom gehang in 'n poging om hom te stuit.
Agterlangs het Ruan Gericke goed vertoon met sy flink systappe en aanval van heelagter af. George pak Thistles van Freimersheim Saterdag, 12 Mei op Outeniquapark.
George se derdes pak 'n uitnodigingspan van George om 13:00 en om 14:15 speel sy tweede span teen Thistles. Die eerste spanne pak mekaar om 15:30.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'