Geen span moet te gerus wees in hierdie kompetisie nie want die liga is nog lank nie afgehandel nie. Pacaltsdorp Evergreens was verras met die wyse waarop Barbarians hulle aangevat het.
Barbarians het voorlangs die stryd gewen deur vinnig by die afbreekpunte uit te kom en die bal vinnig na hul agterlyn laat beweeg het. Hulle het Evergreens telkemale laat omdraai met of bewegings, of met lang kantlyn skoppe.
Barbarians het eerste bloed geruik toe hul heelagter, Wurlane Antony, vroeg in die wedstryd met 'n skepdoel geslaag het. Morne Buis, skrumskakel van Barbarians, het om 'n losgemaal gbreek vir sy eerste van twee drieë wat hy ook gedoel het.
Evergreens se voorspelers het oor die losgemaal geval wat Morne Buis weer in staat gestel het om 'n strafdoel te omskep in punte vir sy span. Barbarians het weer verwoed aangeval en is beloon met 'n skepdoel deur Wurlane Antony, die heelagter.
Kort voor halftyd word Evergreens beloon met stafdoel deur Moos, hul loskakel.
Met die begin van tweede helfte het Evergreens 'n drie gedruk wat nie verdoel is nie. Met rukke het Evergreens probeer wys dat hulle die kampioenspan is, maar die Barbarians se verdediging was rotsvas. Daar was probleme in Barbarians se agterlyn wat hulle moontlik die wedstryd kon kos.
Komende Saterdag speel Groot-Brakrivier op Pacaltsdorp teen Evergreens. Hierdie wedstryd sal bepaal waar Groot-Brakrivier hulle op die puntelys gaan bevind.
Morne Buys, skrumskakel van Barba-rians, wat 20 punte aangeteken het, gee hier die bal uit in die wedstryd teen Evergreens van Pacaltsdorp op Mosselbaai.