TUINROETE NUUS - Op Saterdag, 11 Augustus het Garden Route-rugbyklub in SWD Rugby se kusstreekliga Excellciors van Wittedrift in die semi-finale ronde met 25-18, geklop.
Die kragmeting was op D'Almeida Park waar ander rugbyklubs asook die gemeenskap die spanne met oorgawe kom ondersteun het.
Garden Route-rugbyklub het met hulle oorwinning na die finale ronde van die liga deurgedring. Hulle verteenwoordig Mosselbaai op 25 Augustus op Knysna teen die Greater Knysna-span in die eindstryd.
Die bestuur van Garden Route-rugbyklub en beide afrigters, mnre Fortuin en Marx is baie trots op hierdie jongmanne se prestasie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'