TUINROETE RUGBY NUUS - Die 2019-rugbyliga het op 'n hoë noot vir Garden Route-rugbyklub begin.
Die klub het op Saterdag, 27 April hulle derde ligawedstryd in Plettenbergbaai gespeel en 'n oorwinning is deur beide die eerste- en tweedespan behaal.
Die telling was 22-10 vir die A-span en 22-13 vir die B-span. Hiermee het die A-span hulle derde agtereenvolgende oorwinning behaal.
"Ons skryf dit toe aan goeie dissipline en 'n bestuur, afrigters en spelers wat doelgerig is vir die rugbyseisoen. Die grootste dank gaan aan ons Hemelse Vader wat Sy hand oor elke speler se lewe hou. Garden Route-rugbyklub is dankbaar om soveel jongmense se lewe positief deur sport te beïnvloed."
Garden Route-rugbyklub se eerstespan het hulle derde agtereenvolgende oorwinning gesmaak.
Garden Route-rugbyklub se tweedespan het ook hulle onlangse ligawedstryd gewen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'