HARTENBOS NUUS - 'n Jong skoolseun van Hartenbos, Skyler van der Merwe, is gekies om as deel van die o/14 Outenique Uitnodiging Rugby-span in Ierland te gaan deelneem.
Die toernooi vind vanaf 30 September tot 9 Oktober plaas.
Skyler hardloop as nr 3, vaskopstut, op die veld vir Hoërskool Outeniqua en het verlede jaar vir Laerskool Hartenbos se eerste span gespeel.
Volgens sy ma, Nadine van der Merwe, is hulle baie opgewonde oor die geleentheid, maar volgens haar is dit baie duur.
"Ons as ouers vra die gemeenskap se hulp om genoeg fondse in te samel, sodat ons kinders hierdie geleentheid kan benut".
'n Geregistreerde fondsinsamelingsbrief is uitgereik waarin mense 'n bydrae kan lewer tot die onkoste wat sowat R40 000 per speler is.
Skyler se ma, Nadine van der Merwe, kan by 084 875 8307 gekontak word, vir meer inligting oor die fondsinsamelingsprojek en die bankbesonderhede.
Skyler van der Merwe van Hoërskool Outeniqua in aksie teen Paul Roos.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'