RUGBY NUUS - Die Springbokke begin oor 'n paar uur hul poging om hul wêreldrugbytitel te verdedig.
Hulle speel om 17:45 teen Skotland in hul eerste wedstryd van die WB-2023 toernooi.
Die Springbokke sal natuurlik hoop dit begin op 'n goeie voet en dis nie 'n herhaling van 2015.Toe het die Bokke in hul eerste wedstryd teen Japan verloor.In George is ook groot belangstelling vir die wedstryd.
By 'n groot kettingwinkel is koek spesiaal versier in die gees van die rugby.By Oudtshoorn Dogs in Need in Blanco het Oscar gewys waar sy lojaliteit is.
*Soos sake nou staan sal daar beurtkrag in die tyd van die wedstryd wees in George.
Mense wat nie alternatiewe kragbronne het sal na verwagting op kuierplekke toesak om darem die aksie te beleef.
Foto: Odin
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’