MOSSELBAAI NUUS - Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog, het 'n nuwe rugbysensasie sy verskyning op die veld gemaak.
Springroses, die oudste klub in Mosselbaai in daardie stadium was bevooreg om 'n paar goeie rugbyspelers in hul geledere te hê.
Een speler wat uitgestaan het, was die legendariese Jack du Plessis, die prins van vleuels tydens sy era.
Hy was 'n huishoudelike naam in rugbykringe en het gereeld die sportnuusblaaie gehaal vir sy besonderse talent op die rugbyveld.
'n Paar hoogtepunte uit sy speeldae soos opgeteken deur die Mossel Bay Advertiser lees soos volg:
Mossel Bay Advertiser, 1947 - NON EUROPEAN RUGBY: Springroses vs Steady Boys - Oudshoorn Team Well Beaten.
Many people who saw the magnificient display of Steady Boys the week before against Athletics, were under the impression that Springroses would go down to this team or at least play very hard to avert a defeat.But Springroses played there best game to date – a polished display in wich the forwards and backs played grandly and deserved equal honours. The honours of the day must again go to Jackie Du Plessis who in attack and defence, proved himself a very progressive player."
Springroses het hierdie aanskoulike wedstryd met 13-0 gewen.
Nog 'n hoogtepunt in sy rugbyloopbaan was in 1953 toe hy SWD verteenwoordig het by die Rhodes-toernooi in Kaapstad. SWD wat saam met WP en Boland ingedeel was het beide spanne met kookwaterrugby geklop. In die finaal het hulle teen Noord-Kaap te staan gekom wat die oorweldigende gunsteling was om die toernooi te wen. SWD het egter vriend en vyand verras toe hulle hierdie geskiedkundige wedstryd met 9-3 wen. Weereens het Jack du Plessis 'n aandeel in hierdie roemryke oorwinning gehad.
Grepe uit die wedstryd deur die Cape Argus, 1953 vertel die opwindende verloop.
Jackie du Plessis equalised for SWD with a penalty kick……..Du Plessis cross kicked from a line movement and W Gelderbloem went over for a try (6-3). One attack followed the other, but North Cape presented a sound defence. L Gelderbloem, however, kicked a drop to increase SWD's score to 9-3.
Alfred Mitchell (Mossel Bay) also made a determined effort to score, but he just slipped short of the line. D Meyer (Great Brak River) was the most outstanding player among the forwards.
Dit legendariese Piet Smith van Groot-Brakrivier was ook in hierdie onbetwiste kampioenspan opgeneem. Dit was die eerste en ook die laaste keer dat SWD die Rhodes-beker verower het.
* Wees op die uitkyk vir Charles Theunissen se bydraes in 'n volgende uitgawe of aanlyn.
Springroses, die kampioenspan in 1947. Jack du Plessis staan eerste van links in die middelste ry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'