Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Stormers, wat vanaand teen 'n SWD-uitnodigingspan speel het gister in George aangekom.
Die span en hul bestuur gaan in Wilderness tuis.
Vanaand se wedstryd begin om 19:00. Die hekke open reeds om 14:00 en die voorwedstryde begin om 14:30.
SWD-rugby gee ondersteuners wat graag hul rugbyhelde wil ontmoet kry om 17:30 geleentheid daarvoor by Outeniquapark waar die wedstryd plaasvind.
Kaartjies kan vandag nog by die stadion gekoop word.
George Herald het met Bevin Fortuin oor die belangrikheid van die wedstryd gesels. Fortuin was op sy dag kaptein van die SWD Arende en ook afrigter van die span.
VIDEO: Bevin Fortuin oor groot wedstryd
Foto: George Munisipaliteit
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'