Gallery
SUID-KAAP RUGBY NUUS - Dit was nie mooi nie. Nog minder was dit goed.
Daar is darem een troos - die Arende kan nie swakker speel as wat die geval was verlede Saterdag teen die Boland-Kavaliers op Outeniquapark nie.
Maar dis skrale troos.
Die Bolanders het die Arende in alle fasette oorheers en verdien om die kragmeting in die Curriebeker se eersteliga met 32-3 te wen.
Xolela Payi (heelagter) val aan met die bal met Marquit September (links agter) en Vuyo Mboto by om hom te onderseun. Foto: Johan Faasen
Marquit September (senter) word in sy spore gestuit deur twee Bolanders. Foto: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'