MOSSELBAAI NUUS - In 'n hewige kragmeting tussen Mosselbaai Titans en Black Warriors van Herbertsdale, was die spanne omtrent kop aan kop op die telbord.
Black Warriors het eers voorgeloop maar is egter na 'n meedoënlose stryd met die kous oor die kop huis toe gestuur en het Titans as die oorwinnaars uit die stryd getree.
Die spanne het mekaar behoorlik gepak en die skeidsregter het sy hande vol gehad soos humeure soms opgevlam het. Geelkaarte is geredelik uitgedeel aan beide spanne.
Die eindtelling was 24 punte (vier drieë) vir Titans en 15 punte (twee drieë) vir Black Warriors.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'