Daar word beoog om in April 'n feesboek uit te bring. Die bestuur doen 'n beroep op alle oud-lede wat in besit is van foto's en koe-rantuitknipsels van die afgelope 21 jaar, om dit aan hulle te stuur vir die feesboek.
Die volgende funksies gaan deur die jaar plaasvind ter viering van die mylpaal:
- Familiedag op 27 April. Mej Barbarians Junior en Senior in die D'Almeida Gemeenskapsaal - kontak Neva Manie (076 624 3214).
- Gholfdag: Die datum moet nog bevestig word. Kontak Leonard Thesner by 083 325 4765.
- Sportdag op 15 Junie: Die klub wil graag oud-spelers wat betrokke was by die klub, uitnooi om 'n "Ou Krok" span saam te stel.
- Gospelaand: Datum moet nog bevestig word - kontakpersoon: Jerome van Aswegen (073 631 5437).
- Dinee: Die klub beoog 'n dinee vir al die vorige voorsitters en spelers wat hoogtes bereik het oor die afgelope 21 jaar.
- Kerkdiens: Die Feesjaar sal weer afgesluit word met 'n kerkdiens.