MOSSELBAAI NUUS - Barbarians het Saterdag op die D'Almeida-sportgronde in die openings wedstryd van die Groot Uitdaagbeker vir Evergreens, wat verlede jaar in die finaal gespeel het, in 'n skok-oorwinnig met 32-26 kafgedraf.
Evergreens, wat Mosselbaai toe gekom het met die oortuiging van 'n wen, het gou besef dat Barbarians nie onderskat moet word nie.
Die tuisspan, wat in 'n oogwink Evergreens onkant betrap het, het in die bestek van 10 minute twee pragdrieë gedruk. Teen rustyd het Barbarians met twee punte voorgeloop.
In die tweede helfte het die spel wipplank gery. Barbarians het in die 74ste minuut die voortou geneem en met vyf punte gewen.
Barbarians sal ernstig 'n goeie skopper moet werf, want die span het 10 punte weggegooi, hoewel sommige van die skoppe feitlik onder die pale was.
Barbarians het Saterdag se wedstryde opgedra aan almal wat 'n stryd teen kanker voer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'