MOSSELBAAI NUUS - Aansoeke om hoofafrigting vir Mosselbaai Barbarians RVK word ingewag vir A1, A2 en A3.
Die minimum vereiste is Boksmart en indien nie in besit daarvan moet dit bekom word voor die aanvang van die eerste ligawedstryd.
Aangeheg aan die aansoek moet 'n volledige CV met die aansoeker se rugbyagtergrond wees. Aansoeke kan gerig word aan die sekretaris Edward Maart by edmaart@gmail.com teen nie later as Vrydag, 22 November om 12:00.
Indien enige onduidelikheid ontstaan kan die sekretaris (073 535 8667) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'