MOSSELBAAI NUUS - Op 23 September op D'Almeida-sportgronde vier Barbarians-rugbyklub hul 25ste bestaansjaar en hope pret en groot feesvieringe vir almal word beplan.
Die grootste trekpleister gaan die wedstryd tussen Barbarians en die 2017 Presidentliga-kampioene, Heidelberg, wees.
Verskeie ander spanne. onder meer Garden Route, Hungry Lions, Seagulls, Brandwag en Swellendam het hul deelname aan die groot dag bevestig en spanne wat nog wil deelneem aan die program sal moet opskud.
'n Verdere hoogtepunt gaan die "oukrokspanne" se deelname, die ywerige wedstryde tussen netbalspanne van regoor Mosselbaai, en die trompoppievertoning wees.
Daar is nog stalletjies te huur vir die dag.
Die geleentheid sal deur Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, 'n stigterslid en die man wat die Barbarianspan sy naam gegee het, geopen word.
Mosselbaai se Barbarians-rugbyspan vier eersdaags hul 25ste bestaansjaar, en dié groep, wat die feesreëlings koördineer, nooi die gemeenskap om op 23 September in die dag se pret te kom deel.
Barbarians se eeste voorsitter, Nellis du Plessis sal as geleentheidspreker optree.
Belangstellendes kan Dawid Kamfer (076 766 2162) feeskoördineerder, Edward Maart (sekretaris), of Roydon Sparks (tesourier van die fees) kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'