MOSSELBAAI SPORT NUUS - Die Barbarians-rugbyklub het verlede Donderdag, 7 November hulle algemene jaarvergadering gehou.
Amptenare van die SWD Rugbyunie het die vergadering gefasiliteer nadat hulle tydens die vorige vergadering tydelik as administrateur van die klub ingetree het.
Vakante bestuursposte is gevul.
Die nuwe bestuur is soos volg: (voorsitter) Vernon Seconds; (ondervoorsitter) Gareth Groenewald; (sekretaris) Edward Maart; (hulp-sekretaris) Reagan Pienaar; (tesourier) Tanya October; (hulp-tesourier) Nimmy Karelse; (klubkaptein) Garfield Olkers; (addisionele lede) Hennie Petersen; Zayn Beans Gelderbloem; Raimothy du Preez; Duane Scholtz; (spelerverteenwoordiger) Reduan London.
Barbarians-rugbyklub se nuutverkose bestuur, onder voorsitterskap van Vernon Seconds (heellinks).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'