MOSSELBAAI RUGBYNUUS - Die Barbarians-rugbyspan van Mosselbaai het op Saterdag, 29 Februarie op Albertinia die Rangers 'n behoorlike pakslae gegee.
Barbarians het van die begin af gewys dat hulle die 2020-rugbyseisoen op 'n hoë noot wil afskop en het verskeie drieë gedruk. Pragtige rugby is ten toon gestel vir die rugbyondersteuners wat die wedstryd bygewoon het.
Die Rangers het alles in die stryd gesit maar daar was geen keer aan die Barbarians nie. Die agterlyn, onder leiding van skrumskakel Morné Buis, het byna elke verdediging van Rangers oopgekloof.
Babaas se A-span het gewen met 'n telling van 45-10, die B-span het gewen met 55-0 en die C-span het gewen met 'n telling van 5-8.
Bradley Sumaro storm af op die Rangers se losskakel af. Foto's: Heinrich Fortuin
Shane Bees Olckers op pad doellyn toe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'