RUGBYNUUS - Die SWD Arende het vanmiddag teen die OP Olifante vasgeval in 'n halfeindronde wedstryd van die eerste divisie van die Curriebekerreeks.
Die eindtelling was 26-12 in die wedstryd wat in Gqeberha gespeel is. Die rustydtelling was 15-7.
Die Arende het die wedstryd goed begin en binne die eerste nege minute agter die doellyn gaan kuier.
Die Olifante het daarna 'n drie gaan druk en eers in die 32ste minuut die voortou geneem toe die span suksesvol was met 'n strafskop.
In daardie stadium was die telling 8-7. Kort daarna het die Olifante weer gaan druk.
Beide spanne het alles ingesit, maar uiteindelik het die Olifante die pyp gerook.
Dit beteken dit is die einde van die seisoen vir die Arende, maar hulle hoef nie hul kop in skaamte te laat hang nie. Hulle het tydens hul wedstryde karakter gewys. Hulle het 10 wedstryde in die reeks gespeel, waarvan hulle ses gewen en vier verloor het. Die span het derde in die liga klaar gemaak.
*Die Olifante moet nou na Welkom in die Vrystaat reis waar hulle volgende Saterdag, 25 Junie, teen die gedugte Griffons sal speel in die eindstryd van die reeks.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'