RUGBYNUUS - As 'n voorwedstryd tussen die rugbyspanne van die Stormers en die Sharks op Outeniqua Park, het die SWD Arende gisteraand 'n taamlike hou op die ken gevat toe hulle teen 'n Stormers XV-tal met 57-12 die knie moes buig.
Waar die Arende die vorige week woelig was en taamlik beïndruk het, was dit dié week andersom en die intensiteit van die vorige week het ontbreek.
Die lynstane en vaste skrum sal uitgesorteer moet word. Daar is hopeloos te veel foute wat in dié twee afdelings gemaak word.
Die Arende se volgende vriendskaplike ontmoeting ter voorbereiding van die seisoen wat voorlê, is oor twee weke weer op Outeniqua Park teen die Pumas.
Met 'n bietjie meer tyd wat die spelers met mekaar deurbring behoort die afrigter, Anton Moolman, 'n beter idee te kan vorm, wat dié span se pad vorentoe is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’