RUGBY NUUS - Die SWD Arende het vroëer vanmiddag teen die verwagting in die eindstryd van die Mzansi-liga gehaal.
Vir die Arende was dit derde keer skeepsreg toe hulle die Boland Kavaliers op Outeniqua Park met 38-27 uitoorlê het.
Die rustydtelling was 26-20 in die tuisspan se guns.
In dié twee spanne se twee vorige kragmetings vanjaar, was die Arende aan die ontvangkant.
SWD sal nou oor twee weke teen die Valke in die eindstryd te staan kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’