nooi deelgeneem, wat vanjaar in sy vyfde bestaansjaar is.
Dit is veral die vrouespan van DKD Oudtshoorn wat verrras het met hulle oorwinning, aangesien dit die eerste keer is dat hulle aan die spesifieke toernooi deelneem.
Volgens die span se kaptein, Jasmine Williams, was die span, ongeag hulle eerste probeerslag, vuur en vlam om die toernooi te wen.
"Mens kan maar sê – 'we were in it, to win it'. Ons wou nie sonder die trofee huis toe gaan nie."
Volgens haar spanmaats was hulle teleur-gesteld dat hulle nie 'n nog groter oorwinning kon behaal nie. In die doodsnikke van die wedstryd, het 'n spanlid sowaar die doellyn bereik, maar kon nie 'n doel aanteken nie.
"Ons dink die oomblik was vir haar te groot. Ons het bly roep, maar sy het soos 'n soutpilaar op die doellyn bly staan met die bal in haar hande. Nog 'n 'game' – dis wat ons nou soek," meen Williams.
Mans
Wat die manspanne, gekombineer uit spelers van George en Mosselbaai se deelname betref, het hulle ewe goed gevaar.
Die A- en B-span het in die semi-finaal teen mekaar gespeel, waarna die A-span deurgedring het na die finaal om die verdedigende kampioene, Voorberg te klop.
Vyf van die spelers is 'n gekies vir 'n gesament-like span wat later vanjaar teen 'n amateurspan in Kaapstad sal deelneem. Dit is die eerste keer in vyf jaar wat die Suid-Kaap-spanne so goed in die toernooi vaar.
Beide die speler en agterspeler van die toernooi, Jason Pieterse en Jason Abrahams is verbonde aan die Mosselbaai Korrektiewe
Jeugsentrum.
Abrahams het onlangs teruggekeer na sy fa-milie aangesien hy sy vonnis voltooi het.
Jason Pieterse, wat die nommer 9 trui dra, meen dat die skrumskakel die sleutel is tot balbeheer op die veld. Sy rugbyheld is Fourie du Preez.
"Ek hou van hom, want hy speel altyd met 'n plan – hy is nie aanvallend en oorhaastig nie."
Hy sê dat die span se afrigter, Maurice da Silva, hom baie geleer het sedert hy in die Jeugsentrum is.
Volgens Jason het hy op skool goed gedoen in sport, maar het gedink nadat hy met die gereg gebots het, sy kanse neusie verby is.
"Ek het gedink dis klaar met my wat sportpre-stasie betref."
Volgens mnr Busch, hoof van die sentrum, is dit te danke aan die sukses van die sportaka-demie, wat in 2012 geopen is, dat die Suid-Kaap spanne so goed gevaar het in beide rugby en atletiek.
Van die Jeugsentrum se atlete het onlangs in Rustenburg aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en het as die wenspan te-ruggekeer met 'n trofee vir die beste manspan (21-25 jaar) vir 2014.
Die DKD Area-kommissaris, me Ndileka Booi, het vandeesweek 'n geselligheid vir die atlete en rugbyspelers aangebied in Mossebaai.
"Ons is baie trots op hierdie prestasie en daarom vier ons dit graag om die atlete en rugbyspelers verder aan te moedig," het sy gesê.
Die vrouespan van DKD Oudtshoorn is die spreekwoordelike katjies wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hulle het gewen tydens hulle eerste deelname aan 'n groot 7's-toernooi in Worcester.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'