Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Suidkus 4x4'ers is Sondag, 5 Mei, Witsand toe om die sandduine daar te gaan aandurf.
Die meerderheid van die groep het vir die eerste keer dié roete uitgetoets en vinnig agtergekom dit is nie soos die duine wat aan hulle bekend is nie.
Fotogalery - 4x4 in die duine van Witsand
Die eerste bult het reeds 'n paar van die voertuie twee keer laat probeer. Die roete bied baie uitdagings, maar gelukkig ook alternatiewe roetes dat dié wat nie heeltemal kans gesien het vir die strawwer uitdagings nie, nog steeds kon saamry.
Indien jy wil aansluit by Suidkus 4x4, kontak gerus vir Sias Karsten of Arthur Reyneke (083 300 1063 of 064 524 8307).
Video - 4x4 op Witsand se duine:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’