MOSSELBAAI ROLBALNUUS - Die Vintage teen Windgat rolbaltoernooi, waar die ouer lede teen die jonger lede meeding, is elke jaar ‘n hoogtepunt op die Vista Rolbalklub se kalender.
Verlede jaar het die Vintage-span (die ouer lede) geseëvier, maar hierdie jaar het die Windgatte (die jonger lede) die bordjies verhang en die toernooi gewen.
Die dag is begin met elke span wat sy oorlogskreet gesing het, waarna die twee spanne meëdoonloos meegeding het. Die Windgatte het egter 12 wedstryde teenoor die Vintage-span se nege wedstryde gewen.
Opgewonde lede van die Windgat-span met hul medaljes om hul nekke.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'