MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die opkoms tydens Woensdag se twee weeklikse skietoefening van die Neill Calitz-skietklub was goed en skuts het die prag weersomstadighede goed benut om die oggend op die skietbaan deur te bring.
Willie Germishuys teken die meeste punte met beide die .22 en 9mm aan. Hy klop Calie Brown in beide afdelings met 'n enkele punt.
Uitslae:
Beste telling van die dag:
.22 oor 10m: 1. Willie Germishuys; 2. Calie Brown, Suzette Herrer en Hannes Ingram; 5. Gerrie Bester; 6. Liam Brown, Danie le Roux en Gert Nel; 9. Paul van Gass en Hans Willemse; 11. Liam van Gass en Johanna Germishuys; 13. Johan Uys; 14. Rob Cumming.
9mm oor 10m: 1. Willie Germishuys; 2. Calie Brown; 3. Pieter Cronje; 4. Hannes Ingram; 5. Johanna Germishuys; 6. Danie le Roux; 7. Gerrie Bester; 8. Hans Willemse.
Klubkompetisie
Die klub se maandelikse skietkompetisie vind op Saterdag, 3 Oktober vanaf 09:00 op die Pienaar-skietbaan plaas Op versoek van die lede gaan daar ook met .22- en luggewere (pellet guns) geskiet word. Lede wat in besit is van hierdie vuurwapens kan dit dus ook saambring vir deelname aan die dag se kompetisie. Alle lede is welkom en word daaraan herinner dat alle Covid-19-protokol gehandhaaf moet word.Woensdag
Die volgende oefening vind op Woensdag, 6 Oktober vanaf 09:00 plaas.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Neill (072 842 4850) of Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'